BAIE WELKOM BY

Die Voortrekkers


DIE KRUIN KOMMANDO

’n Moderne en dinamiese organisasie wat voorloop in die ontwikkeling van jong Afrikaanse leiers. 

Wie is ons?

Ons Voortrekker-groep is ’n plek waar mens jou liefde vir God, die Afrikaner-taal en -kultuur, en ons land se natuurskoon kan uitleef deur pret en avontuur. Ons leer al speel-speel van planne maak, weerbaarheid, leierskap en kameraadskap.

Verken Die Voortrekkers
Die Voortrekkers - Die Kruin Pretoria
Die Voortrekkers - Die Kruin Pretoria

Leer jouself ken

Ontdek jouself, wees jouself.

Die Voortrekkers - Die Kruin Pretoria

Ontdek die natuur

Uitstappies, kampe, staptoere, vlotvaarte, nagmarse – die lys hou aan!

Die Voortrekkers - Die Kruin Pretoria

Word deel van 'n span

Dit maak nie saak wat jou talente is nie – daar is altyd ‘n plek vir jou by Die Voortrekkers!

Die Voortrekkers - Die Kruin Pretoria

Trots Afrikanerskap

Herontdek die skatkis van ons taal. Leer uit die verlede en bou die toekoms daarop!

Voedingsarea

Die Kruin Kommando akkommodeer kinders in die wyer Magalieskruin, Montana en Roodeplaat areas, tot by Kameelfontein. Ons het spanne vir Hoër- en Laerskool kinders. Voortrekkers is ook populêr onder tuisskool-leerders.


BAIE DANKIE AAN DIE SKOLE WAT ONS ONDERSTEUN

Laerskool Die Poort | Laerskool Kameelfontein | Laerskool Magalieskruin | Laerskool Stephanus Roos | Hoërskool Montana | Hoërskool Overkruin

Share by: